Kom rus en ontspan op die pragtige oewers van die Olifantsrivier by Riviersig & Rhenosterkop Selfsorg wat net 'n entjie buite Groblersdal, in die Limpopo Provinsie geleë is.
Riviersig & Rhenosterkop is geleë tussen Groblersdal (13 km) en Middelburg (80 km).
Ons bied selfsorg akkommodasie wat chalets en ook staanplek vir karavane en tente insluit. Al ons staanplekke het kragpunte en braaifasiliteite en ons chalets is skaars 50 meter van die rivieroewer af.
Daar kan gehengel en geswem word, en na voëls gekyk word.
Bring familie en vriende saam vir 'n rustige wegbreek!
PUB & GRUB
OOP 7 DAE 'N WEEK !!!!!
Let daarop dat ons restaurant ure verander het:
MAANDAG - DONDERDAG 09:00 - 18:00
VRYDAG & SATERDAG 07:00 - 22:00
SONDAG 7:00 - 17:00